Dromer
Vang die aandlig
van ‘n somersnag
en die kleure van
swewende sterre –
wat skynheilig
drome blink poets.
Ja, gryp met jou siel
na ‘n halfnag
wat bleek breek
soos die begin ‘n sprokie.
En as jy iets hieruit kan kry,
om ‘n droom vir jou te baar
hou dit styf vas,
soos ‘n moeder
haar pasgeborene.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.