Toemis
Toemis
Mis het opgetrek uit die see
en soos die verhaal van Jona
tussen vissermanne en gevlekte snoeke
uitgeloop op die kaai
oor padpredikante
en gesigte agter wasemruite
soos die kleed van Turyn
gehang oor die baai
Ester le Roux/Lydensweek 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.