Transkribeerder (silwer)
Transkribeerder
Alleen in die donkernag
vind sy die stilte waarna sy smag.
Drie verpligtingtjies op een bedjie sag
sal in droomland kommervry skaterlag.
Die hoftaal draal grof en gru en gutteraal.
Kras en kru klink die klankbaanverhaal
waarvoor hul R8,50 ‘n bladsy betaal.
En so haal sy maandeliks net-net die paal
(sy stroop haarself ampertjies kaal).
Sy tik, tik deurnag aan die wêreld se sleg …
sy tik toets vir toets háár onreg weg.
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek