Vergifnis van ‘n boer
VERGIFNIS VAN N BOER
Ek is ‘n boer in murg en been
my tyd op die aarde en aan my erfgrond geleen
soggens vroeg word ek wakker gemaak
deur die roep van die haan wat sonsopkoms ontwaak
en ek die stomende koffie ruik en slurpies drink
wat vroulief met liefde vir my in my beker skink
my my kakieklere en plaasskoene so eie ek
my bakkie se enjin bekend ry ek deur my tjier-tjier plaashek
Die geur van vars geploegde land
syfer my liefdesgrond deur my vingers en hand
die dreun van die trekker so bemind
my vir die toekoms opgewonde maak soos ‘n kind
my tree ferm deur die goue koring wat op oestyd wag
dankbaar deur my geloof vir genade dag en nag
my oë is gevestig op die blou streephorison
vol gestoor deur druppels met wolke as ons lewensbron.
maar soos ‘n dief in die swart swart nag
het jul met wapens op ons gewag
fyn uitgewerk en so doelgerig
het jul die dood so meedoenloos op ons gerig
voor ons nog kon smeek of ons aardse kosbaarheid kon bied
het jul die snellers getrek en ons sonder woord geskiet
met ons arms smekend uitgestrek het ons in ongeloof
geweet een enkele skoot het ons lewenslig uitgedoof…
Om n oop graf het jul ons kinders in rou
saam met ons dierbares en vriende wenend kom rou
ons geliefde grond traan nou in verdriet
op ons kiste wat stadig verdwyn saam met ‘n wenende lied
so onverwags en sonder genade is ons weggeruk
ons as deel van die statistiek ingesluk
ons stoele aan tafel ons sing in die stort nou vir altyd stil
maar in jul hart en onthou weet dit vol verdriet was God se wil
om ons lewensligte so vroeg te vroeg te kom uitdoof
maar laat ons nooit ophou om te vergewe en om Hom te loof
vir die wonder tyd aan mekaar en die wereld geleen
en as lied van die druppels op die sinkdak reen
dat ons in jul gedagtes sal voortbestaan en leef
koester mekaar en om na Bo se genade te streef
ons rus nou in ons geliefde aarde sonde aardse juweel
ons Lewens kroon gaan ons dra… niemand kan dit van ons steel
My boodskap as boer in murg en been aan jou is leef elke dag ten vol
asof dit jou laaste mag wees op God se aardse lewensrol
vergewe en maak nou reg dit wat tussen jou en jou Ewige Lewe staan
en laat voetspore in mense se lewens en maak verskil waar jy mag gaan
en as die lewe vlymskerp kerf en wonde laat
mag God jou lei tot vertrou, glo en VERGIFNIS veral julle ons vriende en maat
wie agterbly met slegs koester van ‘n skatkis vol herinnering
waar God se genade en liefde vir jou en my geliefdes berusting bring
© Kopiereg Linda du Plessis 16/05/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.