Jongste aktiwiteit:

Verlore in liefde

Ek dra jou
Lê jou saggies neer op spierwit linne
Donker hare ‘n ragfyn waaier oor die kussing
Die passie in jou voelbaar
Borste styf, gepunt na bo
Uitlokkend onweerstaanbaar jy
Wagtend op my mond

Jou lyf soepel en ontvanklik in die afwagting
Op wat jy weet moet kom
Wat jy begeer soos ek
As vrou
Liefde en bekoring
Die man
Wat jou bestaan aanbid

Ek verdwaal
In die grootsheid van jou vrouwees
Muskus en mirre
Sag en nat
Geswel en oop in afwagting
Op die liefdesdaad
Nou reeds onkeerbaar
Die voleinding
© Copyright to the writer




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed