Jericho se Mure
Jericho se mure
Kon niks of niemand breek nie
En tog het hulle geval soos ‘n kaartehuis
Toe die tyd reg was daarvoor
Dit laat my wonder
Wat gaan gebeur met al my borsvestings
So versigtig beplan en opgerig
In tyd
As een kyk
Een woord
Ongesproke op die regte (verkeerde) tyd
My weer in ‘n wentelbaan van euforie kan plaas
En die krake sigbaar laat verskyn
© F Jansen van Vuuren
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed, Okatopi ☺