Net Gister
Dan staan ek bewend stil…..
Kyk om
En wag….
Dat jy moet kom
Maar die deure is gesluit
Die ligte af
Die vensters vuil
En wind waai blare oor die gras
En ek onthou
Lank gelede
Het ek jou gesien
Dartelend vol vreugde
Jonk vol lewenslus
Ek tik my kierie op die klippe
Buig myself in my jas
En strompel verder
Na die skuiling
© Copyright to the writer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.