Jongste aktiwiteit:

Vervulling

Teen heug en meug het ek weer koers gekry
na ons rantjie waar geel botterklappers groei;
bosfisante skrop op soek na wildeprei
en patrysies tussen besembossies broei.

Neweltjies van halfslaap se lekstroompies
van terugverlang het in my nes kom maak
en effe-syverings uit loodregkransies
se stuif het ons, soos toet, deurnat nat gemaak.

En jy, met slierte hare teen jou wang
-net soos in feetjiessprokies wasig mooi!-
het teenaan my kom staan, naïef en bang,
met net ons hartklop wat jong liefde tooi.

Toe’t ek volkome klarigheid gekry;
was in my gemoed geen hink of huiwer
oor wat die onbekende toekoms ons berei
want in jóú was liefde puur en suiwer…




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed