vroue(dag)lag
so sit ek, ou man en lees
daar iewers in genesis twee
waar God die man uit stof maak
dink by myself, party seker by witsand
ander nader aan rivier waar swart turf lê
en dalk party meer in die woestynsand
waar die sand in hul se oë waai
hang nou van waar die wind
so eintlik, is sy die enigste