vryheid
deur eeue is vryheid voor geveg
eeue se bloed, smarte en harde werk
soos eeue verbysnel word volke vry
verval weer in slawebande
ewige siklus van stryd
wie oorleef daarin
slegs dié wat
waarlik vry is
vry van menslike bande
vrymense onder Vader se Hand
leeftye gaan verby van verslawing
geslagte stoei en stry na vryheidslus
terwyl hul reeds vry kan wees
onder Sy groot genade
selfs onder harde
genadelose
vervolging
bly my siel
vry daarvan
geen mensemag
kan my ooit daarvan
beroof nie – ek bly vry
leef dan nou soos
‘n vry-mens
moet nie
vrees
want jy
is vry
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.