wanneer stilte praat
anderkant die horison
groei daar wolkies vaal
wat stadig nader draal
soos ‘n donker peloton
westewindjie ruk en pluk
gesels temerig om wit hoek
wolkies begin nou saamkoek
bietjie sagte reën en geluk
stille nag vol donker klanke
spelerige wind kom en waai
gordyne teen vensterbanke
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.