Die Storie Van Ons Liefde
Kom luister na die wysie van my hart
as dit in harmonie met joune saamklop
en ons drome in die kaggelvuur sien dans
terwyl die duister om ons huiwer
En die lag diep in jou oë weerklank vind
Dan sing ons sonder klanke
En ons dans in gees tesame
Tot die môre ons kom wakkermaak
Deur glas en vensterrame
Dis die ure se onthou
Van saamwees, twee wees, eenwees
Tot die vroeë oggenddou
Wat die vlamme van ons liefde
Deur die jare hoog laat brand
tot die sneeu my kop oordek
en my gebeente altyd koud bly
Dan lees ek weer die storie
van die liefde van ons twee
en die vlamme van ons voortyd
word die hitte van ons nou…
sleep ons al die mooi van gister
oor die kole van onthou
©01/12/2018 Anton Bosch
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.