seer
waar jy in jou karretjie sit
by die stopstraat in die stad
met vars kosware aangekoop
oral in die karretjie ingepak
waaraan dink jy jong vrou
wat gaan in jou gedagtes aan
sekerlik net aan jou kinders
of jou familie by die huis
plotseling is jy nie meer daar
wreed weggeraap deur barbare
nou lê jy iewers op ‘n koue blad
en agter jou bly net die helse seer
waaraan dink jy as jy dit lees
hoof opskrifte is dit nie meer
net maar nog ‘n nuwe statistiek
op reeds oorlopende moord lys
is daar geen einde aan hierdie stryd
gaan niemand ooit iets daaraan doen
gaan ons God nou hier kom ingryp
hierdie moeras van barbaarse skuim
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.