
Vir Madelie: borrelende blydskap
ek’s ‘n
lugbel vol
verblyding die
ruimte langs en om
my so arm en skriel al
die vreugde binne my
gepers gelaai en
borrelstevol van
hou
uiteindelik
is dit so bly
om uit te bars
en deur te waai
oh joy!
tot
waar
my hart
in
jou hande
is
soos klei
© Charleine Collins 2 Desember 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.