Jongste aktiwiteit:

Want dit is jy

Ek hoor jou geroep in die verte maar ek kan jou nie vind nie,
ek voel hoe jou asem my nek streel waar jy agter my skuil
vir die vrese wat ons onseker in die donkerte laat rondtas;

Ek voel jou naby my en ek wil jou hand vat, jou gerusstel,
maar die werklikheid ontbreek want dis alles net ‘n droom,
al staan jy hier langs my leef ons in verskillende wêrelde;

In gedagtegang verdwaal my woorde in die stilte wat heers,
die leemte in my hart bly ongevul aan die einde van die dag,
neem my hand en maak die droom werklikheid, versterk my;

Siekte en swaarkry is ‘n swaar las, en die geloof ontbreek,
maar liefde maak heel en ek vra jou vir liefde want dit is jy,
waar sal ek anders gaan om dit te vind wat my bly ontwyk?

01/09/2015 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed