
vir
Gedigte
wil
wil ek weet
van alles om my
of wil ek liewer vergeet
wil ek self besluit
oor elke ding wat gebeur
of wil ek liewer kop versteek
ons wil was sterk
dit het ons hier gebring
toe glo ons mense wat versin
wat wil jy nou wees
of bly jy meestal bevrees
dan laat die wêreld jou verwees
waar daar ‘n wil is
is daar mos ewig ‘n weg
om jou wil weg te gee is aweregs
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.