Voordele en nadele
daar is geen koring sonder kaf nie
by alles wat goed is
is daar ook nadele
met ń bossie koringare
in die arms tuur sy die verte in
alles was normaal
die lewe het sy gang gegaan
maar nietemin het daar iets gekort
en haar lewe stort in duie
sy was ń gewone meisie
haar voete plat op die aarde
niks kon haar steur
want op die oog af was sy gelukkig
besig was sy met haar dagtakies
aande het sy vir haar familie afgesonder
alhoewel dit is wat sy gedink het is
was sy steeds alleen met haar eie gedagtes
soos gistende koringkorrels
het die gedagtes deur haar kop gemaal
soos gars van graan onderskeidelik was
het sy geweet iets is aan die broei
en jare later breek die koringjaar aan
sien sy in haar geestesoog die slegte koring raak
soos ń stroper stroop dit haar
van haar menswaardigheid
verslae en alleen veg sy die pad vorentoe
voordelig was sy vir haar gesin
so kon elkeen vorentoe beur
sonder kla gaan sy voort
asof daar niks verkeerd gaan
maar diep diep was sy seergemaak
en haar waardes stort in duie
dit wat sy nooit voorsien het nie
en op die vooraand het sy geweet
ń gevleuelde insek het
die graankorrels kom beskadig
waaraan sy so hard gewerk het
weet sy daadwerklik die oes is daarmee heen
soos ń giftige ingevoerde onkruidsoort
dring dit ons lewe uitmekaar
en word die nadeel daaruit gebore
sy wik en weeg en doen die onvoorsiene
reik ook uit na iemand anders
het sy ooit enige koringoes daaruit gewen
nee beslis nie…soos ń swamvrot
het dit die worstestelsel aangetas
voel dit of die oes uitmekaar getrap word
aan indringers wat elke korrel oppik
en die lewe gaan voort op sy daaglikse basis
om ń oes te wen is nie so maklik nie
want besef sy die voordele en nadele
het altwee groot skade gebring….
om te dink iets kan voordelig wees
is net so goed om die nadeligheid daarin te kry
@Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek