
Wilde waansin
‘n Stem roep in die woestyn
en skielik sluk die windpomp
‘n droӫ sluk
voor hy tot stilstand ruk
Warrelende winterwind
draai stof en sand
om gister se flenters
Saamlooppad
omdraaipad
doodlooppad!
Verwronge droombeelde
deurmekaar verstrengel
lewe teruggedraai
omgedraai, weggedraai
Die lig groei!
die maan wyk!
die wolke skroei!
Staan ‘n windpomp alleen
vernietig
verpletter
onder die woestyn se son
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.