Jongste aktiwiteit:

Winter In My Hart

Die winter het verby gegaan
en lente het gekom,
al die bome het nog steeds gebod
en selfs die rose het geblom,

stilweg het die somer sy plek ingeneem
met sonstrale wat alles voed,
die reën het op sy tyd gekom
en plek-plek was daar selfs ‘n vloed…

my oë het dit als aanskou
maar kon dit nie verstaan nie,
die lewe het net voortgtegaan
asof my pyn nie saak maak nie,

maar in my hart bly dit steeds winter,
en die ys vloei deur my are,
asof dit ‘n spieëlbeeld is
van die silwer in my hare

so volg die seisoene, een op die ander
en die jare kom en gaan
maar die winterwind waai koud
en op my wang verys die laaste traan…

©Anton Bosch 14/04/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed