Jongste aktiwiteit:

Woede

Woede

Seker een van die onproduktiefste vorme van emosie, maar tog sien en beleef ons dit amper daagliks.  Oujaarsaand gesels ek met ‘n vriend en merk op dat dit deesdae voel of die hele wêreld kwaad is.  Waaroor is ek nie seker nie, maar hulle is kwaad. Daar is egter ook verskillende vorme van woede.

Die irritasie woede is wanneer jy so baie werk het en ‘n kollega kom sit so half op die hoek van die lessenaar om jou te vertel van die nuwe vlam in haar lewe.  Dis ook hierdie woede wat jy voel wanneer jy ‘n middagslapie wil pleeg en die bure se kleuter besluit om sy nuwe tromstel te speel.

Die politieke woede is een waar een groep die regte van ‘n ander groep so gruwelik skend en die hele land op hulle agterpote spring, raas en skree en tik op elke platform, plakkate swaai en dans en daar eintlik steeds niks van kom nie.

Die stil woede kom vir veiligheidsredes voor.  Dikwels om te voorkom dat iets gesê word waaroor jy later spyt gaan wees, maar soms ook as straf maatreël.  Dit word gereeld gesien in huwelike, verhoudings en selfs die werkplek.  Die ander naam vir hierdie tipe woede is die getroue ou stilstuipe.

Kleuterwoede is ‘n kategorie op sy eie, want die kleinspan weet nog nie hoe om hulle emosies en gevoelens uit te druk nie.  Hulle frustrasie en wanbegrip van hoekom hulle nie op hierdie oomblik hulle sin kan kry nie, ondergaan ‘n metamorphosis en eindig gewoonlik in ‘n vloermoer.

 

Daar is ‘n magtelose woede wat ons almal ook ken.  Dit loop hand aan hand met dinge soos die politieke woede ‘n as deel van die rou proses waar mens gekonfronteer word met dinge soos dood, finaliteit en selfs mediese uitsprake.

Laastens kry ons die blinde woede.  Dis die een wat menigte moordenaars al die galg laat vryspring het.  Die woede waar jy eers gereed voel om ‘n krokodil te borsvoed en dan weer oorgaan tot aksie.  Woorde wat soos ‘n panga ka pen soms self in fisiese geweld eindig.

Padwoede is ook deel van hierdie groep.  Soms kom dit ‘n lang pad en word mens gebuig en gebuig soos ‘n droë stokkie, tot die dag wat jy finaal knak.

Hoe hanteer ons woede?  Ek glo nie daar is ‘n swart en wit klinklare antwoord nie.  Elke mens leer so met die jare om dit wat die moeite werd is om oor en voor te baklei te weeg en die onbelangrike te laat gaan.

Mag ons elke die keuse maak om weg te stap van dit wat ons vrede steel.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed