WOORDSMOUS
Party sê ek’s ‘n digter
‘n towenaar met taal
al skryf ek net die woorde
wat kleur bring uit die vaal
Ek skink maar net my hart uit
op die wit van skoon papier
wat in kleurpalet omvorm
om die lesers te plesier
Soms struikel rympatrone
en die ritme wil makeer
dan vee ek al die ink op
en probeer maar nog ‘n keer
So smous ek met my woorde
en die liefde vir my taal
dan skryf ek in gedigte
die lewe se verhaal.
© Anton Bosch 13/12/2017
7 Kommentare
-
-

Carla Visser
Uitstekend! Ek's mal daaroor!
-

Toom
Menige smouse verkoop skrot. Maar nee, ek kom koop graag by jou. Dankie. GvT
-
Laantie le Roux
Ek hou van die woorde waarmee jy smous.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Pragtig, Anton. Ek het dit baie geniet :-)