Woordspatsels: Jy met jou rug na my
‘n Swart maskarastreep is die enigste teken van emosie…
Die gebeure kleef soos vingerafdrukke om my hals. Ons
albei se gedagtes bind vanaand die horlosie se wysers
styf vas. My potloodwoorde stol weer saam met die knop
in my keel. As ons eerlik met ink op die buitemure kon skryf,
wat sou die wêreld werklik lees? Die volmaan werp haar lig
op die donker woorde wat in die hoek verskuil lê. Sit jy met
jou rug na my en iewers verstrengel ons verdwaalde vingers
om ‘n brug te probeer bou. Want aan tyd gemeet moes ons
lank reeds vergeet het.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.