jy, my digter
jy, my digter it pains me to be quiet, when my heart wants to speak – anon as ‘n hart sy stem verloor en sy tong binnewaarts keer, dan vergaar seer in plekke onbekend, spreek in tale, inwaarts met jou… weet jy so dikwels hoe die blom kan dra, waar die maagdom se blos in […]
Hard harder doodstil
“Musiek is my lewe” Lieg ek vir myself terwyl ander se seer myne uitdoof Sit dit net harder elke keer as ek voel sit dit net harder Ek ken al die woorde ek voel al die woorde dit is nou my woorde Die bass druk my teen die aarde vas elke liriek is ‘n trappie […]
My dagboek oor jou (5) …
My dagboek oor jou (5) … Vandag lê my hart kaalvoet. Sommer hier in die grondpad wat langs die huis verbyloop. Kaalvoet omdat daar niks is vir ‘n bietjie beskutting nie. Kaalvoet sonder enige verweer of beskerming. Hoekom? Ek het ‘n boodskap van jou gekry om te sê jy weet nie of en wanneer jy […]
Sonde, soos die berg Arrarat …….
Sonde, teel aan soos konyne; ja, voor jy weet lê, (soos uitgespoegde bokdrolle) al jou pêrels voor (sò vraatsugtig) die in-modderrol-swyne. Myne, was die berg Arrarat – maar toe in sielsbelydenis die verbondsark daarteen strand, word, (feniks-herrysend deur die vloed ontkool), my strafvulkaan (in sak en as), uitgebrand. En nou, (dank die Heer), eggolalie my […]
As die Drolpeer blom
Onder stofnewels wat dwarrel en draai oor safraan savannas van Springbokvlakte blerts die blommeprag van trotse Drolpeer in ‘n skerfie wit wat om dorheid beur, brekend; soos vergruisde sterre deur verdorde loof om halleluja’s in witpapierblom uit te jubel oor ‘n nuwe Somer wat naderkom © Anzé Bezuidenhout
God se skeppingkeur?
Viooltjies geil in bonte blou vergeet skoon van die winterkou papawers weer in sagter kleur waar wilgers langs die leistroom treur Maar bergaalwyn het klaar geblom wag grysgroen weer tot winter kom en in haar plek blom gousblom geel met vlindertjies wat oor haar streel Pampoenblom rys haar stug kordaat met nerfies-aartjies fyn brokaat want […]
VROU BY JESUS SE VOETE
Vrou by Jesus voete. Vrou van strate af, besmet met sondelas, kom met ‘n stukkend’ hart. Soos erdekruik wat bars, Stort jy ‘n oorvloed trane uit Om voete te was van Hom wat kosbaar is. Jou hare is jou afdroog doek. Jy soen die voete oor en oor. Met kosbaar olie salf jy voete wat […]
Versugting
Maak my ’n lied wat God’s liefde besing o Gees van vertroosting wat vrede bring was my dan spierwit in die Lam se bloed en skep so in my weer ’n rein gemoed. Poets ook my lampie so dof en wat kwyn tot liefde wat gloed en donker oorskyn sodat ander nog deur sonde verblind […]
GOD SE MOEDERHART
U voel met deernis; ja, U ken die vrouehart. Voortplantings krag het U in haar geplant. Die hemel en die aarde Is geskep met asemteug. U’t sterre laat ontplof In hemel ruim. U asem bring die lewe! Vroulik– dis u vrugbaarheids plan. Satans mag verbreek U Deur u opstandings krag. Hy’t nie geweet van Vader […]