My Hart, Getroue Metgesel
My Hart, Getroue Metgesel In hierdie kort aardse intermezzo tussen geboorte en sterwe is my hart my getroue lewensmetgesel en het deur dik en dun my lojaal onderskraag— Baie jare het gekom en gegaan elk met vier seisoene en gewasse na eie aard met volop reën en groot oeste, droogtes en misoeste, maar ek en […]
Son’soen
Die dag gaap oopmond deur die skimmels van die nag druppel sy blink oor die laaste stukkies sag die son val geel oor die roerlose klip in gister se fynbos se drup soos koel glas teen my wang voel hierdie “terug” in die breekskelet van ‘n droom vasgevang soet lug vars lug geel son heel […]
My dagboek oor jou (6) …
My dagboek oor jou (5) … Iemand sê gister: “Dink jy nie dis tyd dat jy nou aanbeweeg nie?” Hoe ondeurdag. Hoe bitterlik onvanpas. Hoe onnadenkend kan mense wees. As “aanbeweeg” ‘n opsie was, sou ek dit nie lankal gedoen het nie? Sou ek dan aangehou het om dag na dag te lewe vir hoop. […]
Jou stem in die reën
Sag reën dit buite en voorsien aan die dors van elke plantjie en boompie wat is in die natuur. Tog te bly is elke lewendige wese wat gevoed word vanuit die gryswit bewolkte hemelruim Vasgekeer is ek tussen koue en muur, blaai rond in die digitale boek en bekyk die wêreld deur sy glas vensters […]
Bekruip
Jy soek spore in my woorde wat ek vermom, ek loop lig word nooit stom Jy hoor my sag ver; om jou heen waar ek stil wag vir nou: versteen
Tuin Tapesirrie
Lourestines neem soos onkruid oor wit viooltjies het hul blou verloor, oral deur rank duiwelsklou duisendskoon verdor vergrou. My do-ring koester rose geel wyl venushaar geurig smeul, min water laat erepryse verlep clarikas blom -word stem behep. Tussen tulpe blou ex facia soos my hart na kwepers lus, Vir jou my Geel akasia… woorde wat […]
Najaarsroos
Herfs se roos blom toe die mooiste, smeulend pienk vol vlam en vuur. Wis sy dalk die seker wete – hiérdie is haar laaste uur. Herfs se roos laat val haar blare, sy voel die lou son teen haar vrug. Sy weet die winter is op hande, sy glimlag wrang voor sy berus. Herfs se […]