Daar is NIE geld NIE!
Daar is NIE geld NIE! Ek hou nie daarvan om dorp toe te gaan nie! Ek gaan net dorp toe in selfverdediging. Maar so tref dit my nou op hierdie sonnige, herfmiddag dat ek vir Dierbaarste ‘n dit en ‘n dat en dan nog sommer iets vir die wis en die onwis moet gaan koop. […]
Sus My, Wieg My
Sus My, Wieg My Kom, aandwindjie, kom streel jou koelte oor my lyf en sing vir my ‘n kleintydse lullaby Sus my, wieg my tot sluimer en rus om net te vergeet van ‘n vervalle en gevalle wêreld— Sus my o briesie, wieg my saggies in jou arms sefier, tula, tula, lullaby my tot in […]
MAMMA DONKIE SE VERHAAL
Volg Num 22 Die Klein donkie kom met spoed aangehardloop toe hy sy mamma sien. “Haai mamma! Waar was mamma die heeltyd gewees?” , skreeu hy al van vêraf. “Sjoe! maar ek is bly om mamma weer te sien, want ek het my dood verlang! Vertel tog wat alles gebeur het”. Hy vergeet skoon om […]
Die stilte verslind
Herfs ‘n stil belofte van winter kyk ek na hierdie skoon wit stuk papier en ek wens ek het insig gehad om my daarmee te versoen Dit is die stil die stilte wat daar vӗr in die lug hang wat my gedagtes vas vang In die ongehoorde stomheid skyn die son lou in die lug […]
Die Klooster
Die lang stoep se marmersuilegang loop uit op die binnehof se trosse-nes en kwelende vinkgesang, waar, by die engele-spuitfontein rooi Poinsettias baldadig vlam, en die Janblompaddas se reënroep, in die mos aanklam. Hier in die mis-ingewerkte leem en direk na die oggendgebed, kom Pater dag na dag rondvroetel om sy elke beminde kruid (van Pimpernel […]
Binne ons self …
iewers in die wêreld is daar ‘n land van rus ‘n land van vrede en liefde, een vol lewenslus waar bome ritsel as die wind sy takke streel waar blomme oopgaan voor die son se geel wie weet waar daardie land is die plek van sielevrede en rus wie weet waar die soektog moet begin […]
Die Droomboom
Ek plant vir jou ‘n wildevyeboom met digte blare en soet-soet vrug. Gee dit sorgvuldig water en beskerm dit teen weer en wind. Eendag kom jy miskien weer hier verby dan sal ons in die skaduwee sit en droom. … Soos gister … © Zymrly 5 Aug 2015
Prinses van Gif
Deur die newels van die pyn wat dieper lê as vlak venyn tower jy die beeld op van omgee en deernis wat in die donker in vodde verklee. Dan drup die gif groen uit jou slagtande en mond en jy besoedel die oggendstond met hoonlag en vingerwysing na die mag wat uit jou sif – […]
Kom Staan By My
Kom Staan By My Vonkel in jou oë, warm oë brand in myne Neem my hand en trek my teen jou aan Sweet slaan my uit, lippe sensueel gesluit Ek soen hom want ek kan dit nie weerstaan Kom staan by my en laat jou arms gly om my lyf mmmm….. Hou my vas en […]
Kom Noordewind en Oostewind
Kom Noordweste en Oostewind Dis reeds laataand en die troostelose wind waai nog steeds rondomtalie om en om die huis— Dit suis deur die bome en O, ek gooi sommer hierdie hartkamers van my wawyd oop en nooi kom waai maar deur en neem jul beurt o noordwes reënwind en droë oostewind— Kom was die […]