
Sus My, Wieg My
Sus My, Wieg My
Kom, aandwindjie,
kom streel jou koelte
oor my lyf en
sing vir my
‘n kleintydse lullaby
Sus my,
wieg my
tot sluimer en rus
om net te vergeet
van ‘n vervalle en
gevalle wêreld—
Sus my o briesie,
wieg my saggies
in jou arms sefier,
tula, tula, lullaby my
tot in Nirwana
se volkome
rus en vrede—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
So voel ons almal seker soms, om net gesus te word en te vergeet hoe wreed die werklikheid by tye is. Goed geskryf