Sommer só ~ liefde
Wat sal ‘n mens van die liefde sê – so ongevraag kom dit somtyds oor jou pad. Só sonder dat jy daarna soek. En weet jy wat? Ek het jou lief gekry, half onwillig en so effens teen my sin. Daar was net iets aan jou íéts aan jou manier van wéés wat dit maklik […]
Om doof te word
Die oog word nou my oor om dolgraag te wil hoor en ek lees jou woorde oor jou lippe knars soos ysterwiele stamp oor klippe want die hoor spat stom vir my verby uitgenome klank wat my van doof bevry. Ag, hoe het ek nie al prober om iets verbaal uit stom te leer want […]
Vreemde weë
Met Kersfees op hande, het die manne gedink, versterk hul ou bande deur ’n glasie te klink. Hulle skink elk hul glasie so ’n viervingersvol vir ‘kommunikasie’ en om lekker te jol! Hul suip later vrééslik en die vrouens kry skaam want hul gedra hul skoon beeslik –die hele klomp saam. Die vrouens stress dikbêk, […]
Skisofrenies
Vasgevang in enkelpaar en ingekanker op mekaar omswalk ons helder duisternis om van ons tweestryd te ontvlug want ons lewe as ‘n klug omdat ons tweekop reis. En daarom, juis deur vrees omspan, oorman deur angs, skree ons ons hees teen die middelskorting van jóú siel, mý gees in vrugtelose soek om tog net één […]
My Oë
My Oë My oë kan baie verhaal na jare se waarneming en toeskouer speel— Ek het so baie onreg aanskou, en self beleef, ontroosbare hartseer aanskou, en self beleef, ook groot vreugde aanskou, en self beleef, soveel skoonheid groot en aanskoulik gesien, tot miniatuur reënbogies weerkaats in doudruppels, asook soveel liefde en genade mildelik ontvang […]
Kom, laat ons INK
Nou, na 6 maande van INK, slaak ek ‘n sug van verligting. Dankie tog vir ‘n blad soos hierdie. Enige persoon wat dit geniet om te skryf, maar wat terselfdertyd ook ernstig is oor sy/haar skrywery, kan net baat vind deur op INK te publiseer en te lees. Ja, mens kan jou skryfsels op fb […]
KUBERLIEFDE
Soggens vroeg is die O.R. Tambo lughawe n miernes van bedrywigheid soos mense wat vlugte haal en van vlugte aankom kom en gaan. In die ontvangslokaal staan n langerige lenige bruin gebrande man met n weerbarstige kuif wat knaend oor sy oë val effens senuweeagtig rond met n groot plakkaat aan n stok met n […]
Tere windvlaag
Fladder, flikker in ‘n klein wit kol ‘n terugflits in my gedagtes terug Jy wat verby my siel saam met gister se heimwee sirkel golwe om my hart kring Met jou sagste sag verswelg jy die binnekant van my inne-kant flits verby op ‘n tere windvlaag jou warm glimlag
Kunswerk
God is ‘n digter Hy skryf met weerlig en rym met die reën God is ‘n kunstenaar Hy het die wêreld met jóú geseën
Sê nou …
sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin waar feëtjies en kabouters woon waar almal altyd gelukkig is en Koning Sprokie troon sê nou daar was blomme wat altyd in massas blom en skoenlappers in elke kleur wat sing terwyl hul nader kom sê nou daar was ‘n plek waar ek jou vir myself kon hou […]