Blosende liefde.
Liefde is soos n vlam wat nooit verteer nie. N vlam van liefde wat almal om jou gelukkig maak. Liefde is soos n lemoen bloeisel wat nooit verwelk nie n bloeisel wat sy geur oor almal versprei. Die soet ruik wat die lente lug vars geur. Vir al in jong liefde ,vars in sy fleur. […]
E-pos vir jou
In die maanskyn sien ek jou staan onder ‘n sterrehemel vol bloeisels, omring deur muskiete in ‘n baan wat om lig streep in wilde sirkels. Jy versamel al die blink silwer sterre en diere leef en speel met jou koms, jou nabyheid bring vrede en ‘n belofte wat harte vul met vreemde storms. Van dag […]
Volg die stemme
Sweef verbeelding, in jou ewige vlugte; reik na die onbekende, onaantasbare, wêrelde van verlede en hede se lewe; jy laat my liggaam bewe, vreeslik bewe. As jy te ver heen wil vlieg verbeelding, saam met ‘n onding wat hom opdring terwyl hy sy valse liedere aan jou sing; onthou, droom kan ook ongeluk bring. Vlieg […]
STERREPRAG.
My grootste vreugde op aard Is my besoek aan die grootste katedraal op aard waar ek my innerlike spiretuele gewaad ontbloot onder die dak van moeder natuur se sterreprag, In die grootte Kruger in al sy glorie.
Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
Die swart kraai
Gebreekte slotte en hekke en die hedendaagse plekke miskien is dit nodig om, om alles ‘n wye draai te vlieg Met ‘n wye vlerkswaai sien ek die wye vlaktes voor my oop soos ‘n skoon doek se lewensloop in ‘n sirkel om alles draai En die wye vrye wete van geheiligde hemelse skoonheid kykend, altyd […]
KATEGORIE verskillendes/snaakses: Aapstert @
KATEGORIE: Aapstert @ Die sogenaamde „aapstert” stam uit ‘n ou afkortingsvorm, waarskynlik in verskeie Europese tale, en kom uit Frans, accent gráve en agut [Afrikaans, aksenttekens (láng, sê ek, teenoor skèrp of kòrt)] In geskrewe Duits word dit (nog altyd, buiten in die elektroniese dataverarbeiding) so geskryf: à. En presies so uitgespreek: à, ‘n kort […]
Oud word…
DIE SEL Die mure sluit jou af van Die werklikheid… Hier sit jy met ‘n naamlose Eensaamheid. Hier tussen die grys Mure van jou sel – KOUE sel! Jy moet aanneem dat jy Jou lewe gelewe het, Om ‘n plekkie in ‘n Ouetehuis te koop of Miskien nog deur jou kinders Se harde werk gekoop… […]
SLAPENDE WINTER.
Nagte lank le die veld en rus in n soete ,geheime slaap. Dis net die koue nagbries wat die gras laat sus in n lang,lang winter slaap. Elke naakte boom bewaar n gekeim, diep in sy stam verborge. Totdat die lente die geheim ontplooi. Maar nou, le die vleie blink van die bleek blink maan […]