Ek besing jou skoonheid.
Ek besing jou ,omdat jy mooier is as al die vroue wat ek ken. Ek besing jou rypheid as volwasse vrou Jou opregtheid in al jou handel wat uitstraal na buite, wat almalmet liefde vul oral waar jy gaan. Ek besing jou fiere stap, fyn en trots soos n edel vrou,ja n godin. Jou liggaam,ongekunsteld […]
Anderkant die Stilte
Donker nag daar buite klink geluide oral oor duskant die morester klink branders plotseling teen rots verbrokkel speel die maanlig deur wolke krabbers rondomtalie verskietende sterreprag plotselend uit die hemelruim gedenk uit ‘n diepe droom Anderkant die stilte waar duisternis se skuilplek waak straal die bliksemstrale ‘n vuurdoop met arms wat ‘n koperboog span en […]
Resensie: Die film, KRUISWEG
Die film, KRUISWEG In elke rooms-katolieke kerk is die „Pad van Lyding” van die Heer afgebeeld. Dit is in die vorm van veertien tafelbeelde of vlakskulpture wat langsmekaar aan die muur hang. Die gang van Pontius Pilatus tot die graf. Dit begin voor naas die altaar en loop na agter, sewe prente met passende bybeltekste […]
My Lewenslegkaart
MY LEWENSLEGKAART In die begin het God met my lewe se legkaart begin met my geboorte uitgegooi oor die tafel versprei deurmekaar oormekaar wat ek met genade aan my geskenk is moet soek pas inpas soms is stukkies vaal swart sprankel kleure moet ek dit weer pas verkeerd pas eerste begin van buite na binne […]
Kruispad
KRUISPAD Miskien is daar nou ook ander wat by ‘n kruispad staan… net soos ek wat stap op my lewenspad soms moeisaam soms flink soms vol slaggate soms geteer soms gehul in donkerte soms geskiiter in lig soms nou soms breed soms met ‘n traan soms met ‘n lag gekronkel deur berge en dale oor […]
Ek die mot en jy die kers
EK DIE MOT EN JY DIE KERS Ek is die mot so lekker verspot die kers is jy wat ek moet vermy en ek weet as ek my kragte meet dat my vlerke het perke en nie brandvas is dis gewis jy flikker geelrooi oe so mooi koggel my uit moet my stuit wink my […]
Resensie: IDA, die film
IDA, die film Pole 1962: Die noviëtin, die aspirant-non Anna, is agtien en wil haar geloofde aflê en in die kerk opgeneem word, daar roep die abtesse haar in haar kantoor. Sy word aangesê om haar tante te besoek alvorens hulle haar opneem. Anna die weeskind, is as babatjie in die klooster afgegee, het agtien […]
‘n Amper Klou en Byt Afskeid
Ek hardloop die trappies af agter hom aan. Ek kan nie dat die liefde van my lewe sommer net so weggaan nie. Die simpel gat in die sypaadjie wat ons al lankal moes toegemaak het stop my deur amper my enkel te breek. Ek kom swetsend tot stilstand en kyk op. My enkel klop; ek […]
Onbeheerste gevoel
Die onbeskryflike weelde van ‘n onberheerste gevoel met vars berglug wat deur my waai in die koelte van ‘n wye oop nag se stroom Galop oor wye rante in ‘n skatkis sonder grense warrelrol my hart getyloos oor wye wit wolke Wat in ‘n middernag’land sonder skrome in alle eenvoud tot jou gaan
Ek onthou
vroegoggend as die spasies broos vasgedruk tussen lig en donker lê groei ‘n donkeronthouseisoen om weer op treurboggels te ry terwyl verlange uit die kruike van my oë drup sien ek hoe die son poeier oor my bed en daar buite nuwe botsels aan boomgeraamtes bot dán roep die beeld van jou dood rou in […]