Die Ontwaking
Soos ‘n sonneblom ontwaak jy… giggel geel in die oggend jou glimlag na die son gekeer… gesig omraam met donker hare, en ‘n sagte kyk wat sê… goeiemôre … ek is hier
NAWEEK: Olifante
NAWEEK: Olifante Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie. Dit was die eerste inleiding, die tweede volg: Soos by die […]
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]
Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]
Donderdag: MY VRIEND KROHN
Donderdag: MY VRIEND KROHN „My vrou het die naweek haar suster gaan besoek, en die Saterdagnamiddag was uiters vervelig; toe gaan ry ek deur die veld en woud van die Lünebürger Heide agter Hamburg,” sê my duitse vriend Krohn. Êrens het hy op ‘n dorpie koffie gedrink, koerant gelees, sigarette gerook. Nou vind in Duitsland […]
In skaduwee en skemering
Val saggies oor die veld die laaste glans van die son se gloed sif gedagtes soos jakkalsdou om my neer Gryp dan nou na die klein sproeireën wat geurend om my uitsak waaraan ek vat en vat ‘n Bewustheid toe jy onseker aan my raak dit bly krap steek en haak
Sjampyn vir Vadersdag
Die wind sny skerp om die hoek. ‘n Bondel blare word opgeskep en beland voor die voete van ‘n man wat oor sy bierbottel sit en staar. Hy loer vlugtig na die blare en sit gemaklik terug, sy rug teen die drankwinkel se muur. As die wind só waai, moet jy maar jou oë oophou […]
Death wish 2014
Eendag, as jy dood neerslaan mag dit wees êrens waar niemand van jou weet nie soos in ‘n diep en donker dal – weens ‘n hartaanval – (of iets dergeliks) en wyl jou liggaam lê en vrot, mag die maaiers en die kewers – namens jou – die Here loof en dank vir die spyse […]
Jy martel haar hart
Wipplank ry hy met jou hart verby die hemelruim en t’rug Op en op tot hoog daarbo saam op die wind se rug Dan weer af tot vér benee’ die seebodem verby, waar onsekerheid en twyfel die oorhand oor haar kry. Elke uur van elke dag weet jy hóé sy oor jou voel Haar liefde […]
Waar hou normaal op en begin dit verkeerd loop?
Hindsight is eintlik ’n vieslike ding. Meestal vlek dit die waarheid oop tot op die been en om gekonfronteer te word met die naakte feite, is selde gemaklik. So gebeur dit toe dat Ouboet onlangs vir my sê: “Ek weet nie waar jy vandaan kom nie.” Om eerlik te wees, ek ook nie… En dit […]