Jongste aktiwiteit:

Terstonde Drange

Hierdie keer sal ek probeer
om die stiltes in my binneruim
sonder taalpatrone
of lyne oor my naakte lyf;
net vir jou om te keer.

Want vrolik en vrouehartig
wurm ek in walms van wanhoop-
deurdring met diep drange
om my onverdeelde hart te oorwin.

Hierdie keer sal ek
regtig hard probeer
om saam met jóú vlerke
te flapetie-flap-flap
traanloos my menswees
onder jou son te verkelk
terwyl jou slymbek kwyldrade
oor my uitspansel drupetie-drup.

Hierdie keer sal ek wraggies
soos ‘n wolf in skaapwagterklere
teen jou rooiste reuse te stoei
tot my liefde deur jou are bloei.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed