Sing jy van blomme
Jou glimlag kwyn saggies weg die weӫmoed in my hart huil fluister in die rooi skemerduister tot net die weerklank oorbly Kantel die son om en om die stingel van ‘n blom sag val doudruppels trane op sy verlepte blare Hy bloei in goue strale- en stadig … voel hy hoe genade deur hom vloei […]
‘n Godsgenade kompas
‘n Godsgenade kompas vir Tannie Sonja drie wyse manne vind ‘n ster ek ‘n suiderkruis van harte noord, oos, suid of wes ‘n vierrigting-keuse waar Gods’ ganade oral kompas is na ‘n koninklike toekoms die gordyn waaragter God se kind wegkruip skeur middeldeur en die son breek in stukkies goud waar Gods’ fees meer word […]
Perfekte legkaart
Perfekte legkaart Vir ouma “Ally” (Ek kon nooit as kind sê ouma Ellie nie. En toe bly jy my ouma Ally) Jy is deel van Die legkaartstukke van my hart Elke een het ‘n doel en ‘n bestaan Jy was my geliefde ouma En jy sal altyd Die hoekie wees Van wat bly My perfekte […]
Almal is die moeitewerd
’n Mossie is ‘n simbool van vryheid en God sê in Sy Woord (Mattheus 10:29-31) dat nie een van hulle op die grond sal val as dit nie in Sy wil is nie en dat ons as mense baie meer werd is as die mossies. God het jou ‘n naam gegee: Ouers kyk dikwels na […]
Wanneer Stilte Regeer
Wanneer ons nie meer praat nie, nie meer sê wat ons dink en voel nie. gevoelens verberg omdat dit beter is, doelbewus en gedwonge … Mure bou ter beskerming van onsself, stilbly omdat stilbly ‘n beter oplossing is, dinge ongesê laat omdat dit makliker is… Gaan te veel verlore en Is dit die begin van […]
NÁ DIE APPLOUS
Bar val die stilte neer en suig bloeddorstig woorde weg stroop die kop van sy dink stuit die hart in sy voel. Die gordynval na die groot applous en jy staan kaal, stom alleen vasgeketting in die oomblik van self besin en weer begin. ©HMellet
Tussen lyne
Tussen die lyne van ń halfklaar boek, eggo woorde deur stilte waar dit na antwoorde soek. Woorde wat rondtas in die krake van jou siel, spore daar los wat die menswees verniel. Woorde wat wil aanklank vind in gister se niks Nog boos nog blind vir die waarheid wat is. Tussen lyne wat krom is […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]
Berusting
Ek skryf nie meer briewe nie… my ink is op Ek vra nie meer vrae nie… my keel trek toe Ek slaan nie meer die mure van frustrasie nie… my hande bloei Ek sit net En wonder oor jou