Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 5
Die man met die ligblou oë Episode 2 – Deel 5 Gedurende die gejaag na die lughawe is daar ‘n intense gesprek tussen Daniel en die Kolonel terwyl hy sy gevegsbaadjie aantrek en ook die voertuie voor hulle probeer dophou. “Daar is twee gewonde priesters in die kerk, hulle het groot sakke vol geld by […]
Padkaart deur die lewe
hoeveel kronkels en afdraai paaie loop deur ‘n mens se eie lewe is soveel om op te noem wonder waar die begin en einde ooit in ag geneem kan word want soveel draaie en hoeke reguit paaie en kronkel paaie dis gewis in elkeen se lewe die padkaart deur die lewe kan jou op vreemde […]
Stil het hul geword (my ouers)
my ouers gebind met liefde vir mekaar straal die liefde uit na hul kinders liefde het ons behoorlik geken al was dit aan Eer jou vader en jou moeder want beslis het God al die Eer gekry by ‘n ouerpaar wat Godvresend was het hul ons gelei na waardevolle waardes en leef ons dit beslis […]
‘n Stukkie van die Hemel
beleef ek dit nou of beleef ek dit later gewis is daar nie ‘n nou of ‘n later nie want my keuse is gevorm in nou en later ‘n stukkie van die hemel het vorm gevat in my want hier op aarde beleef ek die mag van satan om elke hoek en draai, aan keuses […]
Hoop maak alles nuut
Dis ‘n nuwe jaar hoor ek ‘n dun stem fluister die nuwejaars besluite is maar weereens, weereens net ‘n miete In ‘n wilde, onbekende, nuwe wêreld ruwe berge en bruisende riviere ‘n delikate pampelmoes vol wilde gedagtes en die blote prag van wilde aalwyne Saggies oor klipgekraakte vensters val die skemer daarbuite spook die wind […]
Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 4
Die man met die ligblou oë Episode 2 – Deel 4 Te oordeel aan hul hoogte en rigting word dit al hoe duideliker dat hul landingsplek ‘n klein landingstrokie net noord van die stad gaan wees. Daniel en die Kolonel het reeds gesels en is dit eens. Toe die eerste vliegtuig land sorg Daniel dat […]
Oordeel sonder klippe
Sy glimlag wink warm en innemend oortuig haar hart ewig vergewend al haar liefde aan hom te skenk, hulle saamwees jarelank al gedenk. Uit sy kindertyd sy lewenstaak met bedrog en leuens vervolmaak. Stil onttrek sy haar lewe na buite, haar trane dofreën teen die ruite. Vriende verraai haar met baie nyd, verwerp daarmee haar […]
om die lewensjaar te groet
om die lewensjaar te groet- vanaf dáárdie horison het ons saam gestap soos krieke al om die boom se voete ’n paadjie in sagte sand saam met haastige miere die lewe ge-padkaart nou skuifel ons rus-rus die laaste bultjie oor want anderkant wag die nuwe Horison ©adéle
sonsondergang van die jaar
sonsondergang van die jaar die see se ongeduld raas in my ore sproei uit eeue se wysheid ‘n mantel om al my vrese skepe van twyfel droom op haar bodem en koraalriwwe kleur my fynste geheime diep weg soveel dekades al huppel en juig ek deur die genadevalleie wat my omvou ná elke krans waaroor […]