Jongste aktiwiteit:

Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 4

Die man met die ligblou oë
Episode 2 – Deel 4

Te oordeel aan hul hoogte en rigting word dit al hoe duideliker dat hul landingsplek ‘n klein landingstrokie net noord van die stad gaan wees. Daniel en die Kolonel het reeds gesels en is dit eens. Toe die eerste vliegtuig land sorg Daniel dat hy so ver as moontlik van hulle, sonder ligte en reg op die uiterste punt van die aanloopbaan neerstryk. Hy wil nog nie sy teenwoordigheid bekend maak nie. Die swart Gelanderwagen kom sonder ligte tot teen die vliegtuig en Daniel spring in die agtersitplek. Hy groet die twee agente en begin dadelik sy klere wat hy as Felix dra uittrek en trek ‘n gepasde aanvalsbaadjie aan wat gereed is vir hom. Die agente sien hoe die ander vliegtuig se insittendes in ‘n swart limosine klim en hulle agtervolg die voertuig in die rigting van die stad.

Die twee agente in die voorste sitplekke bring hom vinnig op spoed met die nag se gebeur. “Die nagklub is skoongemaak en bewyse van delmhandel, mensehande en selfs dieremishandeling in die vorm van hondegevegte is gevind. Die grootbase word nou aangekeer. The lodge is ook skoongemaak en beslag is gelê op heelwat wapens, groot somme geld en gesteelde diamante. Die Kolonel is steeds besig met die opruiming daar” vertel die een agent, terwyl die ander ene die limosine agtervolg maar self onopsigtelik probeer wees in die yl Sondagoggend verkeer op die snelweg.

Skielik lui Daniel se selfoon. “Situasie?” vra die Kolonel se skor stem in sy oor. “Ons is op die grond, teiken word agtervolg” is al wat hy uitkry voor die lyn weer doodgedruk word. Die limousine beweeg na links en nkies ‘n afdraai na een van die spogbuurte van Durban. Die agente volg met ‘n paar voertuie tussen hulle. Daar is geen teken dat die insittendes van die limousine bewus is dat hulle agtervolg word nie. Na ‘n paar draaie kom die voertuig tot stilstand voor ‘n groot swaar hek in ‘n hoë muur wat die gronde van ‘n massiewe wit huis teen ‘n bult omring. Die agente in die Gelanderwagen ry sonder enige spoedverandering verby. Hulle maak ‘n draai by die volgende straathoek en kom buite sig van die limosine tot stilstand. Daniel spring vinnig uit en loer om die hoek.

Die wit huis het ‘n hoë muur met elektriese bedrading reg om die gronde. Die huis het ten minste vier vlakke en troon teen die heuwel vanwaar dit ‘n onbeperkte uitsig oor die stad en omgewing het. Daniel sien hoe die swart limosine teen die inrit opseil en voor die huis se deur tot stilstand kom. Hy tel die passasiers soos hul uitklim en die huis binnegaan. Hy sien duidelik die twee blondines asook die Indiër. Stadig keer hy terug na die voertuig om die situasie met die ander agente te bespreek.

Met hul kommunikasie toerusting nagegaan en versteekte wapens besluit hulle om die perseel se veiligheid te verken. Daniel klim uit die voertuig en die ander agente ry stadig in die pad langs die wit muur op na die agterkant van die woning. “Alles is styf toe, elektriese heinings, wagte op die dak en by die hekke, ons neem aan daar is ook honde en natuurlik sensors” rapporteer hulle sag in Daniel se gehoorstu waar hy die voorhek dophou. “Ons sal oë in die lug moet kry” antwoord hy terug, “het julle ‘n drone met ‘n kamera?” Jup” kom die antwoord dadelik terug, “ons kom”. Na ‘n paar minute is die Gelanderwagen weer terug en die drie agente sit binne-in. Daniel het ‘n tablet waarmee hy die drone in die lug beheer en ook waarop hy alles kan sien wat die kamera na kyk. Die instrument is ongeveer dertig sentimeter in deursnit en het ‘n battery wat vir meer as vier ure in die lug kan bly. Die kamera neem hoë densiteit beeldmateriaal wat ook gestoor word in die vlugrekord. Die kamera wys die muur, die grasperk en draai dna soos die huis in sig kom, om buite sig te probeer bly, maar tog mense af te neem.

Die agente merk dat daar heelwat mense om die swembad vergader is. Die Indiër is diep in gesprek met ‘n ouerige man wat in ‘n rooi swembroek op ‘n stoel sit. Sy maag en arms is vet en wit en dit is duidelik dat hy nie baie in die son kom nie. Die Indiër wink iemand nader en in die kamerabeeld verskyn die twee meisies. Hulle lyk gehawend en bang. Die ou man met die rooi swembroek staan op en gaan staan voor hulle. Hy bekyk hulle goed en gesels met hulle, maar die meisies reageer nie en gesels nie terug nie. Dan draai die ou man weg en waai die meisies weg asof hulle hom irreteer. Die Indiër staan op en loop agter die meisies aan in die rigting van die huis. Daniel laat die drone hoër opstyg sodat hulle ‘n wyer beeld van die huis en die beweging van die mense kan kry. Na ‘n paar minute sien hulle hoe die Indiër en die meisies weer in die limousine klim. Daniel begin dadelik die drone terugbring sodat hulle weer die limousine met die voertuig kan volg.

Die agente is net betyds om die drone te land voordat die limosine weer deur die groot swaar staal hek beweeg en na die snelweg rigting kies. Die Gelanderwagen gly rustig om die draai en volg die limosine op ‘n veilige afstand. Die voertuie neem ‘n oprit en kies rigting na die stad. Dit is 08h35 en meeste emnse is besig om na hul onderskeie kerke te ry op die Sondagoggend.

Na ‘n paar minute draai die limosine af en binne die bestek van drie straatblokke trek hulle in die parkeerarea van ‘n ou kerk in. Die agente ry rustig verby, net om te sien hoe die meisies deur die Indiër na ‘n sydeur van die kerk gelei word. Daniel trek vinnig sy gevegsbaadjie uit en maak gereed om die kerk binne te gaan. Sy kommunikasie apperaat is in die voue van ‘n swart doek om sy nek versteek en sy 9mm is stewig onder sy arm. Hy draf oor die straat en stap dan rustig ‘n paar treë agter ‘n groep kerkganger die laaste entjie tot by die ingang.

Die ou gebou is donker van binne. Die getinte ruite laat gekleurde ligstrale teen die oorkantste mure dans. Daniel bly in die skanuwees van die pilare. Hy sien hoe twee mans, duidelik nie kerkgangers maar mense met ‘n ander doel daar is, vinnig by ‘n sydeur instap. Daniel volg hulle stil. Daar is ‘n trap wat na onder lei. Hy hoor mansstemme verder in die gang af. Hy stap versigtig in die riting an die stemme. Die gang is half donker en Daniel bly aan die skaduweekant van die gang. Naby ‘n deur wat half oop staan gaan staan hy. Die stemme is in die vertrek anderkant die deur. Daniel luister aandadtig, maar kan net dele van die gesprek uitmaak. “…Mr Mohammed…no…yes, yes…dollars…” is al wat hy kan kleinkry. Hieruit lei hy af dat die Indiër heel waarskynlik as Mr Mohammad aangespreek word, die res gaan oor ‘n geld transaksie. Dan hoor hy stemme in ‘n vreemde taal, dit klink soos Italiaans, “…si…si…miljone…si…bellissimo…si…” is al wat hy kan hoor, maar dit is nie en stem nie, maar drie. Daniel probeer om die deur in die kamer in loer, net betyds om te sien hoe ‘n hele groep mans in swart pakke na die deur aangestap kom. In die agtergrond merk hy twee priesters in priestergewaad, maar dan gooi hy sy nekdoek oor sy kop, laat sy kop sak en stap soos ‘n biddende stadig in die gang af, weg van die deur, terug in die rigting vanwaar hy gekom het. Hy hoor hoe die mans by die vertrek uitstap en hoe hul stemme dan in die teenoorgestelde rigting versag.

Daniel draai vinnig om en keer terug na die kamer. Hier sien hy hoe die twee priesters sakke vol geld toemaak en op ‘n trollie laai. Toe hy instap kyk die eerst priester op. Daniel se pistool klin en hy skiet die man in sy bobeen, sonder om ‘n woord te sê. Die man gil en val op die vloer neer. Die ander priester is nog besig om die kruis voor sy bors te slaan toe Daniel sy pistool op hom rig. “Waarheen gaan hulle nou?” vra hy. Die man is bleek en sweet vorm ‘n blink skyn op sy vaal voorkop. Hy huiwer. “Waarheen? “ vra Daniel weer en lig die pistool skouerhoogte op. “L..L…lughawe” stotter die man en laat sy kop sak. Daniel skiet hom in sy linkerskouer, nie ‘n doodskoot nie, net ‘n merker vir latere uitkenning.

Soos hy na buite hardloop praat hy met die Kolonel op die kommunikasie sisteem. “Hulle mag nie die land verlaat nie, dan het ons ‘n internsionale situasie” sê die Kolonel. “Sal nie gebeur nie” antwoord Daniel soos hy in die Gelanderwagen spring n die voertuig die ontvlugtendes na Durban Internasionale lughawe volg.

(word vervolg)

© Grootvissie
Januarie 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed