GOEIE NUUS
Goeie Nuus In die koerante kom alte dikwels sulke berigte van rampe, politiese korrupsie, oorlog, terreur, geweld en ander onaangename gebeurtenisse. Allerhand katastrofes. Hoe vervrissend is dit dan om soiets te lees: In Noord-Duitsland het die polisie ‘n teddiebeer op ‘n rusplek langs die motorweg opgevang en weggevoer. Dit klink skrikwekkend — of belaglik – […]
‘n Nuwe Plek om Boeke te Adverteer en te Vind
Wel, dis seker nie “nuut-nuut” nie, maar wanneer jy die wêreld van boekbemarking betree sien jy hierdie webtuiste met nuwe oë: Goodreads. Ek het onlangs ernstig begin om my boeke – en boeke waarin my werk voorkom – te bemark op al wat ‘n sosialenetwerk is. Wat ek agtergekom het is dat meeste lesers hul […]
Hennetjie en die res
hennetjie en die res hier is ’n hoender voor my hekkie met drie kuikens aan haar sy hulle skarrel en skrop die paadjie van dorings en distels skoon en as vader son so skuins na wes lang skadu’s oor die velde gooi klim hennetjie en kuikens ewe slim al op hulle skewe stellasiekooi ©adéle
Geboorteboom
Hulle verbrand jou geboorteboom saam met jou wanneer jy sterf. Julle as sal meng voordat die deur die ewig malende-kolkende-fluisterende-wenende wind versprei word. Ek dink nog altyd winter – daardie donker seisoen – is die perfekte tyd om te sterf. My seun is saam met die eerste bloeisels gebore. Ek hou die pasgebore baba vas […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 18
HOOFSTUK 18 Toe Bernard Marietjie Sondagmiddag laat by die huis aflaai is Hans net weg loko toe en kan die twee meisies ongestoord gesels terwyl Marietjie uitpak. Marietjie vertel Elsabe alles van die naweek en dan stel sy haar probleem aan Elsabe: “Elsabe ek is hopeloos verlief op Bernard. Hy het my gevra om weer […]
Onseker … onbekend
Drome hou my asem teen dagbreek diep in my binneste aan die sweef ruik ek trane op my wange voor jou lippe myne raak skeiding hang sneeuwit tussen ons ure die toekoms onseker onbekend … ©adéle
Rooiwyn
van jou ken ek maar min want drinker is ek nie maar aan ander se stories kry ek die kloutjie by die oor hoor ek hoe jy gerol word om en om in mond sekere maniere word jy getoets klinkende glasies jou manier stadig maar tog met gevoel rol die oë wanneer hul proe rooiwyn, […]
Skokgolwe
as ek maar net geweet het my dierbare blouoog pragtig wanneer daardie sirens loei….. vloei die skokgolwe my binneste beleef ek die oomblik in pyn my kind in daardie ongeluk as ek maar net geweet het my dierbare blouoog pragtig dat jou oë reeds die storie vertel het en ons nie ag geslaan het daarop […]
My beminde in droom
bruin gebrand aantreklik verby om in sy skaduwee te sit is hemels sy liefde soet gegeur met ‘n glimlag hou hy my vas tussen die lelie van dale omring is ek met sy sterke arms keurig verkwik ek my in sy nabyheid soos ‘n klok klink sy stem in my ore terwyl sy lippe oor […]
Pruttelwoorde
Pruttelwoorde (Hoe bid jy?) Pruilmond prewel pruttelwoorde skaarsroerlippe se asemstem nagsag kramphande witgekneukel geboeë oor knieklap pyn worstel met die aanvoerwens gevolg deur sielsbetoog oor steunende psalmvers belofteruk en betraande oog droeë sluk dan laaste skynbedank voor slotgesang met neuriesug wat (hopenlik) God se aandag vang? © Grootvissie Januarie 2018