Jy los my maar wil my nie laat gaan nie.
Jy is taai soos ‘n chappie ek het in jou getrap jy wil my nie los nie maar wou ook nie hê ek moes in jou trap nie. Jy klou met alles in jou en ek spook met alles in my om jou van my los te maak.
Verlange na Eden
As die lewe sy harteloos suidewind kom draai en seer in ons harte in waai die reuk van die liefde se dood soos verdorde roosknop ontbloot die beddings met sy dood wil verfraai verwoes en vertrapte God-skepsels oor mistige eeue in trane verdrink hul stemme wat uitroep en kreun met trane wat lank reeds verdroog […]
Die Lewe
Lewe Wanneer begin die lewe? Met bevrugting? Met die eerste hartklop? Op ses weke? Met geboorte? Of begin die lewe met die eerste asemteug onder geluid van ‘n gehuil? Wanneer hy skuur-skuur oor die vloer begin kruip? Wanneer hy sy eerste wankelrige tree gee; -val en opstaan,val en opstaan- As die tande een vir een […]
Duskant dageinde
duskant dageinde weerklaag ʼn woelsieke hart naas ʼn bottelbrief branders breek bruisend trek en strek en sif deur sand waar strandlopers staar oor waters van vredensvloed sluier skemerskim die dag in kalm lafenis gloei vergulde golfkamme salwend siele-seer ©Loretta Szikra 24 Nov 2017 * Neologismes: bottelbrief, vredensvloed, skemerskim, weerklaag (weerklink + weeklaag) Haikie-Tanka-Haikoe
Somerliefde
Soos die maan saans magies om die sterreryk dans manifesteer denkbeelde efemeries in somerliefde-trans ramifiseer my gedagtes lossinnig deur tyd – in gunter-geluk en verganklikheid flankeer my denke dartelend weg van nou ewigdurend dawerend na jou ©Loretta Szikra – 19 Nov 2017 * Akroniem
Resensie: Die Film, PARYS KAN WAG
Parys kan wag Francis Ford Coppola, seun van Italiaanse immigrante in Die VSA, is met sy agt-en-sewentig jare een van Hollywood se vooraanstaande regissieure en het mettertyd ‘n reuse „dinastie” om hom geskaar. Sy kinders het veral as toneelspeler beroemd geword, maar ook regissieur; onder sy nefies is ook bekendes, byvoorbeeld Nicolas Cage. Sy vrou […]
Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 2
Die man met die ligblou oë Episode twee – Deel 2 Danielle Visagie stap strompelend en wiegend in die rigting van die badkamers. Die polsende klop van die musiek en die wiegende massa mense laat haar wêreld vreeslik draai. Sy wonder hoe drie drankies haar so kan beïnvloed. ‘n Vreemde ou wat na bier en […]
Skenker
Skenker Al is dit Desember, is die wind snerpend koud. Dis moes iewers gehael het. Die reën swiep teen die ruite vas. Water hardloop in straaltjies oor die vensterbanke teen die mure af. Op die teer word dit poele, vorm stroompies, en loop in die afvoerpype weg. Die ambulans swaai met loeiende sirenes by die […]
Tydsberekening
Tydsberekening Daar is ‘n dik bank wolke in die weste. Dit lyk na reën in die laat namiddag. ‘n Drywer raak ongeduldig waar hy geparkeer staan met sy trok. Hy kyk op sy horlosie. Dis skuins voor tien. Hy moet sy vrag opgelaai kry, dit gaan aflaai op Hartbeespoort en teen sluitingstyd terug wees in […]