trouheid
liefde en wysheid het besluit om te trou groot was die samekoms vreugdevol was die gebeurtenis uit hulle huwelik is daar kinders gebore die oudste se naam was integriteit sy het deurgaans sukses bereik tweede was blymoedigheid hy was altyd vriendelik derde het kalmte gekom sy was altyd rustig en wys vierde en jongste was […]
Jou vonnis, jou bevryding….
Hoe swaar lê die vonnis in jou hart hoe tragies loop die tyd nou vinniger uit in jou uur van nood staan jou wêreld stil die skok hang oop mond hier voor jou en jy weet nie hoe om te reageer die doods vonnis verkoop in tyd hoe meet mens die ongelooflike stryd as jou […]
Duskant Hermon
(As mens van Tulbagh af Kaap se kant toe ry, by reeds geoeste koringlande en stapels strooibale verby) sien jy genade in die beeste (langs ‘n koel stroom) teen die wal en in die ampersomerwolke – wat soos asem – oor die kranse en deur klowe van ’n Boland blouberg val. © Carma Shaw 20 […]
Winter kalant
Jy bekruip soos ‘n dief in die nag en sprei jou kombers oor die aarde sag, laat kristalle hang aan geraamtes van hout en maak die lug ongenadiglik koud. Skouer jy jou jas om boom se tak en kan nie wag vir son om te sak sodat jy voetjie vir voetjie jou ys vlokkies kan […]
Nanag onder die maan
In die nanag se geboorte … hang my gedagtes aan die perdeskoen maan, sit ek hier in my warm pondokkie, en verlang na jou my bokkie. In die nanag se geboorte … kelk my hande om jou gesig, beskerm ek jou beeld, reeds in tyd geweek. In die nanag se geboorte … waar rus jou […]
‘n Knyp tyd notatjie
Ek het U gevra vir rus vanoggend – toe gee U my ‘n voëlgesang, ek’t gevra vir hulp met die verkeer, wonderbaarlik het dit gevloei. Ek’t genoem ek is so moeg… toe gee U my ‘n knyp tydjie by ‘n straat kafeetjie. ‘n Plekkie so vol karakter – Klere patrone teen die plafon en familie […]
Namakwaland
Oor die barre vlaktes van die Boesmanland, draal silhoeëtte van Kammaland – drome van weer probeer verwronge die omkeer. Eindloos strek bossies en sand en tog ‘n onmisbare band van siel en gees, want hier wil jy wees. Pyn teister dag na dag – die droogte ‘n onheilige mag, maar ‘n oasis is die nag […]
Eendag se droom
Wens ek kon vir een dag roekeloos wees… uiting gee aan my droom, kilometers agter my plaas – en my hunkering lewe gee en leef. So graag onder die doringboom sit, teug aan die vrede so soet – met sonbesies wat sing… terwyl ek in stilte bid. Tuur oor die vlaktes van niks – leeg, […]
Ek pluk vir jou ‘n blom
Pienk, rooi, wit – kosmos kind, blom jy wild, voer jy op die natuur, baljaar jy in die wind. Onaangeraak deur tyd se verniel, slegs seisoene blom op jou gesig, rinkink en speel jy sonder sorg, blom prag deel – verniet. Pienk, rooi, wit – offer ek aan jou, son gesiggie, wild en vry, voed […]
Verlore Orgidee
was dit jy of die blom wat gehuil het op die trap trane wat stil en stom hul storie vertel sonder ’n grap vereensaam in jou verwelkte skadu skree jou hart ’n stille kreet vasgevang agter lewens tralie werklikheid ongenaaktbaar en wreed voel die aarslag van die son en drink van sy oggend dou ervaar […]