Jongste aktiwiteit:

April(Bladsy 6)

effens skuins lê hy elke asemstoot ‘n roggel net geraamte van wie hy was vier en trotse regop mens integriteit onbuigbaar swart gordyn haal hom in stadig skuif dit oor sy gelaat dan flikker sy oë weer verby is dit nog nie veg het hy van kindsbeen af veg tot in die laaste loopgraaf veg […]

soms word ek voordag wakker nog voor die sonlig kop uitsteek na ‘n woord met my Skepper en ‘n sterk koppie koffie skryf ek dan my hart se sake eers leeg op papier wit skoon leë papier vloeiende letters wat soms – net soms sin wil maak vir ‘n onvergenoegde lesersbrein ©Teárlach

sy stem word stil in een enkele gil enkel gil weerklink eenslagtig stil stadig dring dit deur staan sy op en luister geen verdere geluid slegs stilte wat weergalm dan skuifel sy nader nader en sien raak dan klink gil weer op sak sy neer langs hom sy asem flou en weg laaste stem versleg […]

Die liefde lê bewegingloos by die opening van jou hartsdeur daar waar jy laatnag gebede treur oor verlange begeertes en seer dit lê in dankbaarheid vir die dag se loon en die bekommernis van wat moontlik kom in die woorde wat brand oor jou wange oor alles wat jou gevange hou in gister se grou […]

Silwer en Goud die plek waar ek en jy ons vuurtjie brand gemaak het ‘n soutbos-skerm gebou het silwer die sterre in die donker nag goud in die dansende vlamme die plek waar ek en jy ‘n holtetjie so knus vir ons kooigoed gemaak het silwer die Hakdoring se bloeisels goud in die son se […]

in bloed geskryf lê my spoor deur afrika elke druppel wat in sand wegsak maak woorde op soos kraal mooi begrippe soos laer trek spierwit blomme van die drolpeer blok myself van kinderspeletjies en bok – bok – staan styf my spoor glinster in die helder son lê purper rooi in maanlig gehate spoor gesmaad […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed