Op ou Treinspore (brons afdeling)
ek wil “eendag” vang en wegbêre wil dit in ‘n kardoesie toemaak en dit iewers gaan wegpak dit hou vir die “môre” wat kom saam met jou wil ek spore los in bergstroompies gaan plas en spoelklippies laggend opraap dit hou vir die “môre” wat kom ek wil saam met jou op ou treinspore loop […]
Krismis op die pad
Krismis op die pad Dis vroegoggend en ek is op die pad net nog ʼn kar op die drie baan teerpad straatligte verlig die donker nag rooi in die ooste beloof nog ʼn dag. Karre skiet soos sterre snel by my verby motors meteor manies links en regs om my rooi kersliggies string helder voor […]
Vingervleg
Vingervleg Ek weet alles is reg as ek en jy vingervleg as ons palm op palm ons liefde woordeloos uitgalm © Stephan Uys 2018/07/07
My hart behoort aan jou
Ongeag alles wat tussen ons die afgelope tyd gebeur het, behoort my hart net aan jou. Jy met die mooi bruin oe die soenbare mond en die begeerlike lyf is die een wat my hart gesteel het. Ek wil jou vanaand vra om mooi daaroor te dink om my nog ‘n kans te gee om […]
Gamkaskloof die Hel
Die dun kronkel paadjie ly jou na die plek wat geen padkaart wys Al met die pas langs, kranse blou en grys Dis op die pad waar vrees en bewondering kruis Die geel son span sy sambreel oor die paradys. As jy gekom het om aardse rykdom te soek, is jou soeke tevergeefs Dis ‘n […]
wiesek
wildehaar bossiedokter tarentaalkind se veer bont lewenspadlittekens dollossak vol seer berook beskonke bygelowige binnepret clairvoyance en custos van my bed bewaker van die kruie kruik praat ek blomtaal en blues gelyk met charisma sing ek die bosnimf ballade en balsem saggies my liefdesdade ©arin erasmus
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON
Paul Coetzee maak dadelik n goeie indruk op Kas toe die man sy kantoor instap en homself met n ferme handdruk voorstel. Jongerige netjiese man met n sekuriteitsuniform aan en nooi Kas hom om te sit. Kas val ook dadelik met die deur in die huis: “Meneer Coetzee ek vermoed dat iemand jou Stanza geleen […]
Stukkende vrou
In die skadu van ʼn hoek sit ʼn vrou en huil. Sy hoor die hoe-hoe van die uil haar hande bewe oor haar kop vrees terwyl hy haar weer en weer skop. ʼn Red gebed is al wat sy het sy vuiste reën oor haar neer die bloed stroompies oor haar wange is wat hom […]
Karoo liefde
Ek bou vir my ʼn huisie in die dorre droë Karoo In die wind en stof gaan ek myself vind Die windpomp fluit ʼn deuntjie in die wind Die kraai skree jou naam jou stroopsoet woorde kom weer tevore Die wolke gooi skadu oor die grond, maar verdwyn weer gou soos die mooi woorde uit […]
Foto’s wat lag
Die pad lê lank voor ons oop En ver voor ons net die horizon Wat agter lê is reeds verby Al wat ons ken is vorentoe ry Ons is saam op ‘n nuwe reis Elke dag is nuut en dit maak ons vry Die bestemming is nog onbekend Maar die foto’s van gister lag En […]