DIE WIEL DRAAI HFSTK 23
HOOFSTUK 23 Die week voordat die saak teen Willem Roets voorkom kry Hans n dagvaarding om as getuie in die hof te verskyn. Hy moet gaan getuig hoe hy gesien het hoe word Lang spruit aan die brand gesteek die aand. Ook Bernard word gedagvaar om te getuig oor die toestand wat Ramatsi op die […]
As Sondag te lank raak
As Sondag te lank raak en elke uur homself van die ooste tot oor die horison aan die weste uitrek, vind jy ‘n ander betekenis in die woordjie alleen … staan jou beker langs die ketel met een skeppie koffiepoeier in, want die enêmmel koffiepot met duisend stories in sy maag, is nou te groot […]
Naweek: VERLORE HANDSKOENE 2
Naweek: VERLORE HANDSKOENE Wysheid uit Kindermond: Verbasend wat kinders te sê het. Soms eintlik baie slim; soms . . . Nouja. . ☆☆☆ Dis ‘n reënerige dag en die onderwyseres kyk haar kinders noukeurig aan voor hulle huistoe gaan. Sy hou ‘n paar handskoene in die lug. „Wie se handskoene is dit?” Geen antwoord nie. […]
Redivivus*
Wolke wit aan die bleekblou wand van gister se dagbreek – asof dít genesing kan bring vir voorwaardelike liefde. Die wreedheid van ʼn klein dood loop jou vooruit – jy moes jou wapen neerlê, stérf voor jy kon leef. Vergifnis op die ponskaart van kentering, projekteer in jou oë ʼn skemeroggend, ʼn nuwe begin – […]
agteros
kreunend en steunend stap ek soos ‘n wafferse agteros teen die duin op elke oggend se ritueel wag vir die son om te skyn oor Sy prieël water blink in deinende golwe seemeeue sweef trots oor alles mense ontwaak al rekkend en strekkend stap hul langs die see se soom ver bo gil albatros sy […]
Die liefde IS
Hoe die liefde werk – dit wis ek nie; ek weet net dat sy IS. Soos tye en soos ruimte, soos oseane en soos land; soos lig en donker wissel, soos gebergtes, klippe, sand … soos kraters wat gekerf is in die ronding van die maan en soos die lawa wat smeul in die hart […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
WINTERLIEFDE
WINTERLIEFDE winterhart sny reg deur my wens jy was hier langs my sy wag ek alleen op die treinstasie so eensaam hier op die hout bankie met my warm stomende drankie kom die trein die stasie ingery het ek jou vir altyd kom kry opgewonde borrel dit in my my hande wil net oor jou […]
Lewensvreug
Lewensvreug In die ritme van my aardse bestaan waar ek deur fases van lig en donker gaan is daar soms skadus van verlies en pyn soms sweef ek vry in die helderblou lug, vry, vry soos ‘n voël in vlug, skyn deur die donker kokon uiteindelik weer die lig kom vreugde in pakkies met sterre […]
SEISOENE
SEISOENE rooi roos van my hart hou ons mooiste drome vas vasgevang in goud seisoene skuifel silwermaan volg liefdesgolf drome op sonstraal in sprankelspasies gebou immer getrou bly my hart stadig sluipend so sing my hart n nuwe lied gelukkig tesaam *Neologisme: spankelspasies liefdesgolf