Naweek: VERLORE HANDSKOENE 2
Naweek: VERLORE HANDSKOENE
Wysheid uit Kindermond: Verbasend wat kinders te sê het. Soms eintlik baie slim; soms . . . Nouja.
. ☆☆☆
Dis ‘n reënerige dag en die onderwyseres kyk haar kinders noukeurig aan voor hulle huistoe gaan. Sy hou ‘n paar handskoene in die lug.
„Wie se handskoene is dit?” Geen antwoord nie.
„Rebekka, is dit jou handskoene?”
„Nee, Juffrou.”
„Maria?”
„Nnh-nnh.”
„Hannes?”
„Dit lyk soos myne, Juffrou, maar dit kannie wees nie. Ek het myne mos verloor.”
. 24e.Februarie2018………….⌘⌘⌘⌘⌘…………………………….tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.