MOORD SLAGTING
MOORD SLAGTING Moederaarde het senuwees van staal moederaarde het geval vyand het nie op hom laat wag lekker in sy mou gelag geboei en haar verkrag skiet haar koelbloedig op die slag moord het sy nie verwag moordslagting het hy vermag Eleen van Deventer Vorster *Neologisme/nuutskepping: – moordslagting (moord + doodslag); (skiet + skoot) Engels: […]
Pêrels
wanneer son nuwe dag in dans so helder soos daglig sy rooigoud strale oor my streel en heuning vir my sing reën dit voëlgesang met eerste sonnekus as geel sy suikersoet oor my strooi met sy heuningmelk stem my toevou in oranje koesteringe van vreugde en geluk sê ek, dankie Heer vir nog ‘n kans […]
‘n Stukkie iets
Soos een soos reën soos winde in die nag op my lippe sag Op ‘n een-spoor skulpies pad staan jy alleen op die strand bo jou lê die sterre slapend stil saam elke bietjie liefhê Dan waai die wind oor hierdie droom van gister dit wat ons gedeel het versilwer en dit wat was, is net […]
Anders as wat was
As ek nou terug dink sien ek jou anders, dit is in die nou waar gister lewe anders as wat ek gister onthou; dis dalk perspektief weg van dit wat jou soms so maklik kan verblind en die prentjie wat in my geestesoog lewe is tog anders maar dieselfde; dieselfde in die sin ek sien […]
Aan die slaap
Aan die slaap Terwyl ek nog slaap my oë gesluit agter my geslote deur die nagklanke ver ek onversteur het êrens onbekend ver, ver weg van my ‘n man en pa ‘n vrou en ma ook ‘n kind op ‘n plaas onnodig seer gekry . . . Bebloed en seer diep gesteek, verkrag, vermink tot […]
Hartstablette
Hartstablette My siel rebelleer teen die voeteval van rigtingloos wat soos swartstreep teerpaaie deur my lewenslandskap stap want binne my kors in my diepste klop lê oortuging so tasbaar werklik soos my eie vel binne getatoeëer op hartstablette geëts vir lewe daarom sal ek trap waar selfs engele vrees my stem verhef my eie self […]
Armsvol
Armsvol Lang naggeluide het begin vergrys met toe ligbleek dag verrys waar ek nog droom van armsvol van jou Oggend het opgedaag son het gehoed tussen blomme begin tuin soos ek nog vasklou aan armsvol van jou Uiteindelik met die gaan het voëlsang ook verdwyn jou nabygevoel afgekoel maar ek onthou selfs nou hoe voel […]
Steeds
Steeds In die laatnag donker net voor dag se bleek oor die plaaswerf breek het hul ingebreek honde en mense doodgesteek ‘n ou man en sy vrou se lewens gesteel ‘n hele nasie bloedig verder verdeel . . . In die oggend het ons opgestaan oë gevryf en wyd gegaap maar deur dit alles was […]
kinders vasn kus
suid van riviere van kus bloei daar ‘n land met voorspoed kultuur gebonde godvresende volk oormag van liberale invloede laat struikel elke instelling verrotting vanuit kern leë sinnelose sentrum van binnegevegte waar mens nou middelpunt vorm op sy duin sit filosoof geborge geloof siniese oog kyk skerp maar nooit veroordelend uit woestyn se droë sand […]