Jongste aktiwiteit:

Armsvol

Armsvol

Lang naggeluide het
begin vergrys met
toe ligbleek dag verrys
waar ek nog droom
van armsvol van jou

Oggend het opgedaag
son het gehoed tussen
blomme begin tuin
soos ek nog vasklou
aan armsvol van jou

Uiteindelik met die gaan
het voëlsang ook verdwyn
jou nabygevoel afgekoel
maar ek onthou selfs nou
hoe voel armsvol
van jou

© Grootvissie
Februarie 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed