Pêrels
wanneer son nuwe dag in dans
so helder soos daglig
sy rooigoud strale oor my streel
en heuning vir my sing
reën dit voëlgesang met eerste sonnekus
as geel sy suikersoet oor my strooi
met sy heuningmelk stem
my toevou in oranje koesteringe
van vreugde en geluk
sê ek, dankie Heer vir nog ‘n kans
as die wêreld vol bloeisels lê
wat sy parfuum versprei
koer tortelduif liefde se wysie in my hart
wanneer maan die sterre vroegaand
in hemelruim besprinkel
ysblou glinster se bitter blink
skitter soos kristal
nat van nag se klamsoen
in volmaan se lag gedoop
dis pêrels vir my oesterhart, kosbaar, volmaak
©Jessica Venter
16/2/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.