wie (grafika)
oor die donker bruin duine brom daar gierige winde winde wat rukkend stof op skop oor die vaal blou golwe suig daar gulsige winde winde wat alles opwerp in wit skuim verpletter wie is daar op my duin se kruin sweef saam in blou hemel hou net aan om te bestaan ©Teárlach
Bedorwe brokkie
Met haar getinte sonbril opgetrekte wenkbroue en ‘n geplooide mondjie sal sy mos sowaar sê “wat kyk jy?” Haar glurende helderblou oë met ‘n “maar ek dink anders” houding sit sy met opgetrekte knieë en gil verruk vir elke nuk Sy kry haar sin met alles ‘n regte klein snip te groot vir haar skoene […]
Klong (Hoofstuk Sewe) ©Eduard Smith
Hannetjie het weggestap en in die tuin verdwyn. “Ek weet jy het gejok voor die tannie…dankie daarvoor.” Maarten haal sy bril af en vryf sy oë. “Jy kan dit nie doen nie Francois.” Annemarie praat skaars hoorbaar. “Wat? Voorgee dat dit my kind is? Waarom nie?” Annemarie vat sy hand oor die tafel. “Jy kan […]
emosie – erosie
waar die winde waai waar die see strande maai waar my duin hervorm word waar ek vrede vir my siel vind daar is emosies van krag emosies wat erodeer dit wat is was reeds gewees dit wat kom was reeds gewees emosies kom en gaan gereeld volgens prikkels van buite volgens eie gesondheid erodeer in […]
‘n Pad vir my voete
Tussen die duine van jou woestyn’sand se growwe riwwe eindeloos Lê ‘n brandende hunkering om daar te loop hoe mooi is die landskap hoe lekker die lekkernye!
Gemeenskaplike euwel
Ek is die kind wat in sand en stof skool toe slof Ek dra die wêreld se tasse op my skof want ‘n wolf in die bos wat langs die paadjie luier, is die wolweskaap wat Sondags by ons kuier Ek is die kind wat reeds roem bereik het, kortstondig, tot die koerant verbleik het […]
Afreis ©Eduard Smith
Nié net die dood maak die afreis finaal nie; in die lewe selfs kan die gees afgestorwe wees. Hoe dink jy, keiserkroon wat soos ‘n bloukous voorwend dat jy ootmoedig is, hoe lyk die mens wat in die lewe reeds ontsield is? “Spieëltjie, spieëltjie sê vir my hoe sien die ander mense my…”* ©Eduard Smith […]
Stukkies identiteit
as jou tong soos tweesnydende swaard my hart oopkerf en jou gifwoorde inspuit deurweek van leuens twyfel skeur my lewe aan flarde wanneer jou eggo deur my siel weergalm die bitter beker wat my lewe oorstroom was ek ooit goed genoeg? al hoe ek kan oorleef is om al jou leuens wortel en tak uit […]
Klong (Hoofstuk Ses) ©Eduard Smith
(Twaalf jaar gelede) Die motor luier by die verkeerslig. Die rooi lig is hipnoties net soos die stilte in die motor, wat soos ‘n barensstomheid hang. Francois se kneukels vorm wit om die stuurwiel terwyl Annemarie nikssiende op haar foonskerm staar. Francois praat eerste. Sy stem is skor. “Wil jy hê ek moet saam jou […]