Tanka
aronskelke blom jasmyn bloei die soetste geur ontketen ‘n hoop dat selfs in die diepste nood salwing voortbeur na die son (Tanka)
AS ‘N KIND
AS ‘N KIND As ‘n klein kind het ons moerbeie verslind toe raak ons baie slim om in die moerbei bome te klim ons monde het gewater en kon nie wag tot later soos ‘n vuil morsjors smul ons aan ‘n soet moerbei tros dis ‘n groot pers gemors jou hande is orals vuil bemors […]
Gesiggies
Gesiggies God het jou so lief jy is sy hartedief pronkertjies op die grond staan hulle orals rond soos fyn blommetjies klein fraai gesiggies is hulle so wyd gestrooi pers en pienk alte mooi ek stap saam my nooi ek wil die blomblaartjies oor haar gooi die blom gesiggies kyk vir my in my pragtige […]
Nostalgie Visuele emosionele stimulasie SEISOENE
Nostalgie Visuele emosionele stimulasie SEISOENE Seisoene van emosies sy vertel haar eie stories van al die pyn en smart diep in haar sagte hart kyk deur haar siel se venster net soos die ysige winter haar lewe erg versplinter vlieg sy hoog soos ‘n vlinder spesiale vrou so broos hou sy van ‘n bloedrooi roos […]
RESENSIE: 7 dae in Entebbe, die Film
7 dae in Entebbe, die Film Dit baseer op ‘n ware begewenheid: In Junie 1976 kaper lede van die Volksfront vir die Bevryding van Palestina en van die (duitse) Revolusionêre Sel (RAF) ‘n passasiersvliegtuig van die Air France, vlug 139 van Tel Aviv na Parys, en ontvoer dit na Entebbe, die lughawe van Uganda. In […]
on-plesier
wanneer die swart hond kom word die golwe sommer onstuimig waai die wind ongeskik word my duin onplesierig kry ek hoofpyn van dink swartgalligheid vorm grense van my siel donker mure gevorm gaan sit siel voor jy val ©Teárlach
Land wat brand
Dansende vlamme kolk hoog onder verstukkende rook, Terwyl die reuk van roet longe verstuk. Hitte ondraaglik, stoot jou doelbewus terug, weg van mensgemaakte elemente wat in verwoesting verbrand. Woorde lê vars in die asem van mense oor n land wat brand, wat eens kon skitter in skoonheid en prag, maar met magteloosheid betrag ek gedrag, […]
Erfgeld
“Jy weet erfgeld is swerf geld?” Ek lag uit my maag uit: “Ja, glo my in hierdie model T Ford gaan ek swerf, ek sal nooit weer die strate van Upington op ‘n donkiekar ry nie.” Pietman was heel verbaas toe ek die donkiekar vir hom as geskenk gee. “Nee, mevrou hoe dan nou?” was […]
Ontdek jou passie by Ink!
‘n Webwerf om in te verdwaal, jou stories en gedigte te skryf en saam ander skrywers beter Afrikaans te leer. Aansporing en geleenthede is skraal om jouself te ontwikkel, met die nodige Kreatiewe souse kan jy ‘n wenner opdis. ‘n Voorafgestelde program word opgestel om almal uit te nooi om deel te neem aan nuwe […]
Woorde (Gebed vir my ongebore kleinkind)
Met die wysheid gegee van ons Gewer van asem, Sal ek lewendmakende woorde oor jou spreek. Met lofsang jou opdra, aan Hom wat jou bestem het, Om by ons te kom vertoef, met jou volmaakte kindergees. Sal ek met krag van die Gees, deur gebed oorlog voer, teen die doodskrete van mense wat wysheid kortkom. […]