Omdat Hy leef….
U grootheid staan volstrek vir almal om waar te neem om dit wat vredeliewend is ons eie te maak want dit is die Here se seën vir ons almal hoe lief is Hy vir jou en my om nie Sy wil op ons af te dwing nie die keuse tussen goed en kwaad die Een […]
Spys en drank
(Brons) As ‘n mens nou alles kan glo wat in die media gesê word oor kos, kan jy nou maar net een afleiding maak. Ons is almal besig om onsself elke dag meer en meer te vergiftig. En daar is so baie dinge wat ons dood kan maak, dit is slegs ‘n wonderwerk dat daar […]
Die siel is weer tuis.
Dora-Mari voel die sonstrale deur die venster op haar gesig val. Sy moes aan die slaap geword het. ‘n Nuwe seisoen maak mense opgewonde, hulle sê lente bring vernuwing, hoop en al die bloeisels is kos vir die siel. Sy is dus in winter vasgevang en voel lewend dood. Hoe verwerk jy jou agt jarige […]
‘n Breë, breë pad
Daar is ’n breë, breë pad wat om en om die aarde wentel. Mense, die pad is pragtig uitgelê. Dis so netjies. Dis edelgesteentes van alle kleure en groottes; nie altyd die ware jakob nie, maar baie goed verbloem in oorgeblaasde goud en silwer. Die stalletjies langs die pad is net die beste. Daar is […]
tiensent-blommetjies
naby my hartstuin blom grondbossies se roserooi tiensent-blommetjies en pointsettia in miniatuur, ’n sonskyngeel oordek die rankroos wat oor ‘n lendelam heining hang terwyl raafswart flapvinke en blougroen glansspreeus hul gunsteling gras en bessies verorber langs die goudvissiepoel krul varinglote mintgroen, fluweelsag vir ’n dag of twee, strek dan uit saam met kosbare disa en […]
Vrystaat
is daar nog ’n plek op aarde waar die geelgras so kan vaal; waar wit wolke op die horison die blou uit die blou lug haal is daar dalk (in ’n ander wêreld) ’n streek so oop, so wyd, so vry waar rooibruin beeste middaglaat – kopomlaag – oor wintervelde wei skilder elders ook murasies […]
Groenfontein se sielskos
Groenfontein se sielskos Daar is ‘n oase in my kontrei waar water spoel oor laagwater brûe, die silwervissies baljaar sorgloos en vry en berge boggels het op hulle rûe waar eggos van bobbejaan se kind deur die valleie weerklink, skilpad ongestoord sy pad kan vind en die dou nog skoon op die blare blink. Daar […]
suid afrika – akrosties
soveel bloed gestort vir jou uit eerbied vir voorsate gedoen in elke hart brand vurige liefde die mooiste land op aarde aan ons kinders se toekoms faal ons, sal ons dit altyd berou rooi loop ons bloed in smarte in eerbied vir ons Vader kan ons nie ophou veg aan Hom alleen die eer ©Teárlach
lewe
golwe bring lewe wit skuim wat uitspoel bring nuwe lewe op strand dra ook verslete skulphuisies maar saai nuwe lewe my duin is stil vandag windjie uit antarktika bring ysige wolke vogtige weer sneeu dalk lewe vir almal eers die swaarkry dan nuwe geboorte waaruit lewe kom alles gaan dood om weer te leef ©Teárlach