Augustus Projek: Kommentaar en uitslae
Augustus Projek Kommentaar en uitslae WENNERS: DIGTERS: Goud 1: no 16; Carma Shaw met Haikoe 2: no 28; Carma Shaw met Haikoe 3 3: no 4; Anzé Bezuidenhout met Arabiese lente Silwer 1: no 23; Estelle Rubow met Haikoe 3 2. no 2; Loretta Szikra met Somerson 3: no 14; Loretta Szikra met Vuurdans Brons […]
Reise uit die hart.
Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, het ek nog altyd gedroom dat wanneer ek eendag groot is, wil ek gaan rondreis en die wêreld gaan verken. Ander lande met hul kulture het my nog altyd gefassineer. Ek was nog altyd gek daaroor om te sien hoe die huise in ander lande lyk, die kleredrag, die […]
waar
golwe delf nuwe inhamme sand word uitgewas verspoel skulpe en seewier oral gestrooi my duin lyk ongekam en slordig winde waai weer nuwe tonele oop elke greep van lewens storie in grafiese ten toon gestel so sweef my siel ook rond van toneel na toneel soms in verlede dikwels toekomstig altyd in drome waar ek […]
besig
weeklikse sleur trek mens soms neer soveel kilos soontoe soveel kilos terug eerste gewaarwording van pensioenstatus is gemis gemis van roetine en kilos wat gebeur vandag met tyd pas jou brein aan ek mag mos – ek is op pensioen niks word meer aangegee as – ek moét my tyd is my eie soos by […]
Die doodste dood
Die doodste dood, deur Stephan Uys Al my kennis en ervaring rondom die dood van ʼn kind is alleenlik gegrond op gesprekke met ouers wat hierdie hartseer hel deurleef het. Ek trap dus versigtig, want ek is bang ek trap stukkende harte nog meer stukkend. Taalkundiges leer ‘dood’ het nie trappe van vergelyking nie. Volgens […]
Woorde van my hart
Woorde van my hart Woorde wat soos komete deur die hemelruim vlieg leestekens wat in melkwegtree spikkel oor die blad Woorde en gedagtes soos ‘n kwas wat swiep oor ‘n doek, beelde in kleure wat deur klankgrense breek Eindelose, ontelbare woorde in speserymark geure van skerf pynigende venyn en sag vertroostende komyn Klanke en lettergrepe […]
September 2018 projek – Spyse vir die siel
Beste INKers Ons gaan hierdie September tradisie breek en nie lente vier nie, maar gaan ‘n Engelse Sonnet aanpak met die tema: “Spyse vir die siel” Opdrag: Digters: Skryf ‘n gedig met die bostaande tema. Wees uniek, vars en treffend. Die sonnet, tipografies en rymskema gaan STRENG gemerk word. Vir inligting: ” Engelse / ShakespearSonnet […]
Haiku 3
blinkplaat mooi streel wit maanlig vingers oor jou stillewaters ©Cornien Naudé
Haiku 2
Die reën loop alleen onderdeur die oue wilg en padkaart na jou ©Cornien Naudé