opdrag 4
en die leeus en monsters van die diep blou see het die brood en wyn met vraatsug weggesluk; krummels weggevee en onder die swellings van branders en varsvrotvleis die genadeboot omgetiep; die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos die eggo eggo eggo teruggeskree; en die leeus en monsters van die diep blou see het […]
Bring vir my geelperskereën (Opdrag 5)
Winter lek wonde agter rooikoperduine waar bokspoortjies blom in die stille gesuis van ‘n namibswind wat my denke opsweep met ongerepte liefde – s m a g t e n d na die appelkoosgeur van jou warm asem wat my lippe sag betas (soos geelperskereën) en die somer in my opnuut laat ontluik ©Loretta Szikra
Asagao – brons klas
‘n band van liefde verweef die son se warm gloed kortstondig jou blom ©callie 2018
gertjie
die sand is saggies maar vygies klou vas groen ranke wat krioel wat swaar is met hul vrag iewers moet daar paadjie wees gelyn met witmosselskulpe loopbare paadjie op sand genade maar son steek dankie vir wind wat waai wat lug koel hou om my regte weskus weer getand en geveer met suid-ooster wat reën […]
Elegansie (Brons klas)
rooikroon kraanvoëls dans oor sneeu bedekte mere Ume vol in blom ©callie 2018
Een maanlignag
maanligstrale blink weerkaatsend op oosterkim ek en jy tesaam © Anzé Bezuidenhout
Tsubaki (Brons klas)
ek gee jou somer vol van pienk Camellias glimlag vir die son ©callie 2018
ROOFDIER – OPDRAG 4
ROOFDIER silwer rond vierkantig bont sluipend kruip die dier vrolik (soos vaandels) wink versoekings koop liefde, koop geluk, koop ‘n droom! sluipend kruip die dier skuifel-skuifel tot in jou sak, tot in jou bloed tot jy verskrik in sy grypend greep verstrik tot jy met elke asemteug in skuld verstik © – Barbara Smit 02/08/2018
Rolverdeling (Opdrag 4)
het jy `ʼn ander rol vir my siende my Aspoesterpolvy (volgens agter-hand-gissery) nou `ʼn ander voet gevind het en my Griet verdwaal in die bos omdat jy vergeet om vir haar wit klippies te los: het jy `n ander rol vir my? © Denise van Rensburg 30/07/2018
Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom selfs lumierstrale gordyndans swygsaam ek wag nog tot jy ontwaak jou asem sag en rustig langs my ek voel jou hand op my lyf (nog naak) luister, die stiltes het verstom jy kreun en draai my stywer in jou arms als raak doodstil, selfs jou asem in my oor © […]