gertjie
die sand is saggies
maar vygies klou vas
groen ranke wat krioel
wat swaar is met hul vrag
iewers moet daar paadjie wees
gelyn met witmosselskulpe
loopbare paadjie op sand
genade maar son steek
dankie vir wind wat waai
wat lug koel hou om my
regte weskus weer
getand en geveer
met suid-ooster
wat reën gaan
uit suide
bring
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.